The early 1990s saw a new interest in anarchism in South Africa, one expression of which was the emergence of reading and discussion groups. Elsewhere this site collects materials from the reading groups associated with a wing of the Anarchist Revolutionary Movement (ARM). But there was certainly some such groups in Durban. There was also reportedly a group around this time at Stellenbosch, among young Afrikaners, and evidence of interest in anarchism also emerged from Pretoria in the form of a long letter to published in the Vrye Weekblad, a liberal, anti-apartheid Afrikaans weekly newspaper (now defunct), 3-9 July 1992 (issue 181), from a P.M. de Kock in Pretoria. You can get a PDF of the original text here, with the text extracted below (sourced from the https://digital.lib.sun.ac.za/)
Vrye Weekblad, 3-9 July 1992 (issue 181), p. 4
ANARGIE IS ORDE!
PMde Kock van Pretoria skryf:
Na aanleidlng van 16 Junie dink ek onwillekeurig aan die woorde van Max Stirner:”Every state is a despotism, be
the despot one or many.” 16 Junie mag dalk die versinnebeelding van die draaipunt in Suid-Afrika se geskiedenis wees, maarwragtig, ons kan dit as dag van bevryding vier tot ons almal blou in die gesig is, maar dit sal nie die korrupte struktuur wat bo ons gestel is uit die kussings lig nie. En ook nie verhoed dat dit net weer vervang word met ‘n kabinet vol mooi, vetgevrete swart gesigte om die hele proses weer van veor af te laat begin nie.
Hier gaan dit nie vir my om swart of blank nie, dit gaan omdie idee — staat. As ek so kyk na wat die afgelope tyd in die pers verskyn het, besef ek al hoe meer dat die NP regering nou begin met’n proses van klou aan die rokspante van mag tot hy uiteindelik net met geweld daarvan afstand sal doen, en in die proses sal hy seker nog ‘n paar onskuldige mense saam neem (of eerder ‘n paar duisend).
Dis juis hierteen wat ons moet waak. Dis ‘n feit dat die ANC een of ander tyd die Uniegebou gaan betree en al die strukture, soos dit tans daar uitsien, net so sal oorneem. Maar meanwhile back at the ranch, sit ons steeds met ‘n staat.
Dis tyd dat die mense wakkerskrik uit hul gemaklike slaap, die staat het homself reeds keer op keer bawys as die grootste euwel wat die mens tot nog toe kon bedink. Of dit nou ‘n demokrasie of totalitêre regime is, dit het dieselfde effek– die verslawing van die mens tot daar niks van hom oorbly nie: Die hele opset is onlogles.Wat het geword van
baslese regering, die verskaffing van net die nodige dienste aan die gemeenskap, en daarmee bedoel ek nie op nasionale vlak nie, maar bloot op plaaslike v1ak?
Dit mag dalk na emosionele dagdromery klink, maar ek dink daar moet ‘n algehele omwenteling in die menslike bastaan kom. Kyk wat het die afgelope eeu gebeur? Die staat as entiteit het toenemend mag begin verkry, juis as gevolg van die verdelings konflikte wat binne elke gemeenskap afspeel. Politieke mag is die instrument wat gebruik word om rykdom te verdeel en die staat sal voortdurend daarna streef om die struktuur van mag tot eie voordeel te manipuleer.
Die wanverspreiding van rykdom is die staat se werk, maar dan moet die volgende groep wat die regeringsbootjie kaap, nie bloot voortgaan endieselfde doen deur net in ‘n ander rigting te roel nie.
Ek sien dié proses in Suid-Afrika afspeel. Swart strewes gaan nie vervul word di edag as daar ‘n nuwe swartregering is nie. 0 nee, hulle sal verdeel en aksies loods om die people op te hef.
Maar dit sal nie gebeur nie, omdat die hele proses verkeerd is. Ons verruil dan net blanke Afrikaner bevoordeling vir swart bevoordeling. Nie dat dit die sogenaamde Afrikaner gehelp het nie, hulle is nou, juis as gevolg van dié bevoordeling, in groter kak as ooit tevore. Ons moet vergeet van die staat, en terug kom na die mense toe, laat
die mense op grondvlak beheer oor mekaar uitoefen en verhoudings só reël.
Ek sal enige staat, of hy nou wit of swart is, tot in alle ewigheid verwerp. Laat die gesag terug kom na die individu toe, soos die Anargisme ons leer, dan sal dié land uit die as uit opstaan!
Soos Pierre-Joseph Proudhon gesê het: “Anargie is orde.”
(Brief verkort – Red)